| featured artists | featured songs | featured videos |
| Top Artists | Site News | Top Songs |
|
Dekade van Musiek - Jennifer Zamudio Tien jaar gelede het daar ‘n sangeres op die Afrikaanse musiektoneel verskyn wat jou met haar voorkoms herinner het aan die destydse “Pink Lady”. Die verskil was egter dat hierdie sangeres ‘n pers voorkoms gehad het, met ‘n volksvreemde Spaanse van op die tong, en by name Jennifer Zamudio. Met haar pers voorkoms, borrelende menswees, warm alt stem en natuurlike verhoogpersoonlikheid het Jennifer Zamudio al 10 jaar terug vir die volk laat besef, dié Afrikaanse weskus-boorling is beslis hier om te bly. Met haar uitsonderlike stem, het sy vinnig die gehore gelok na haar vertonings. Met die vrystelling van haar 10 jaar kompilasie cd, ‘n Dekade van Musiek, gee sy vir haar bewonderaars waarvoor hulle al so lank wag, ‘n dubbel cd met veertig van Jennifer se gunsteling opnames, wat strek vanaf die jaar 2000 tot 2010. Die album is saamgestel uit haar vorige ses cd’s, en jy kan ook in die cd omslag ‘n goeie oorsig kry van haar loopbaan gebeure. Hierdie cd is voorwaar ‘n goed saamgestelde album ter viering van haar 10 jaar as professionele kunstenaar. Met die dubbel cd konsep het Jennifer haar verdeling goed gedoen. As jy lus voel vir lekker dans en partytjie hou is daar aan die een kant “Dans en Kuier” en wanneer jy die dag net in die bui is vir rustig sit, is daar “Rustig en Luister”. Op die koop toe sal jy ook hoor dat die danssnitte so ietwat van ‘n nuwe baadjie aanhet, met so ekstra polsende ritme hier en daar bygevoeg. Met hierdie verdeling plaas Jennifer net weereens klem op haar veelsydigheid as kunstenaar. Daar is die gewone dansvloer treffers soos Hier’s my hart, Hoor Hoor, Hart se loper, Vat jou goed, Leef, Ek het jou gevind, Walvisbaai en ‘n ou Erasure gunsteling met ‘n nuwe klank, A little respect. Maar jy ontdek ook weer daardie enkele snitte wat jy al van vergeet het soos Kom tog terug, Toktokkie, Ek sal vir jou, Namiddagstilte en Ek is lief vir jou. Met die luister na hierdie album besef jy net weer dat Jennifer nie net ‘n dansvloer aan die gang kan hou nie, sy kan jou ook laat uitslaan van die hoendervleis met haar sterk en pragtige ballades. Haar uitsonderlike weergawes van Duisend kerse en Medals for mothers, laat jou net weer in betowering. Diegene wat eers heelwat later haar musiek ontdek het, sal verseker regop sit en notisie vat van hierdie samestelling. Dié album is verseker ‘n viering van 10 jaar se harde werk en dit laat ‘n blywende indruk en besef, dat Jennifer Zamudio beslis een van ons mees veelsydigste en talentvolste Afrikaanse kunstenaars is. Dit is gewaarborg, hierdie dubbel cd gaan jou laat voel dat jy nie kan wag vir die volgende 10 jaar nie.
Simple Beauty, deur André Nel (’n versameling klassieke refleksies)
Gister, die 30ste Mei, was ’n unieke dag in E-Musiek/Kraaipromosies se geskiedenis, met die amptelike vrystelling van ons nuutste CD, Simple Beauty, by die Watercrest Country Estate buite Pretoria. Ons noem dit uniek, omdat dit die heel eerste klassieke CD is wat deur ons vervaardig was en ook die beste vrystelling tot op hede.
|
| Community | Latest Articles | Our Sponsors |
|
Users Online |
Klank by E-Musiek
by admin
Benodig jy klank vir jou venue of show? E-Musiek het dalk net die oplossing!Jy kan ons kontak vir al jou klank behoeftes, enige plek in... Read More
Backtracks
by admin
Hier by E-Musiek kan jy jou backtracks laat maak, of jy kan dit bestel vanaf ons backtrack lyste. Ons het heelwat Afrikaanse backtracks... Read More
Welkom by E-Musiek
by admin
Opwindende tye in die Afrikaanse Digitale musiek era, het ons genoop om iets beters te bied aan veral opkomende en ongetekende Afrikaanse... Read More |
Your Advertisement could be here! Contact Us today! |





